Aartappel geregte

AARTAPPEL OMELET MET BILTONG 
Vir 6
Voorbereityd 10 minute
Gaarmaaktyd 20 minute
Dié tradisionele Spaanse omelet is maklik om in ’n pan oor die
vuur te  maak. Jy kan dit ook in dik skywe sny en inpak vir padkos.
JY BENODIG:
3 eetlepels botter
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie,
fyngekap
3 hande vol sagte biltong, dungesny
olyfolie
4-6 groot aartappels, gekook en in dun skywe gesny
8 plaaseiers, geklits
1 eetlepel growwe mosterd
sout en swartpeper na smaak
SO MAAK JY: 
 Verhit die botter in ’n pan oor die kole en braai die uie en knoffel  stadig totdat dit sag is, maar nie bruin nie.
Skep dit uit die pan en  meng dit met die helfte van die biltong.
Gooi ’n bietjie olyfolie in dieselfde pan en sit dit oor matige hitte.
Bedek die bodem van die pan  met ’n laag van die aartappelskywe en skep lepels van die  uie-en-biltongmengsel bo-oor. Herhaal die
lae totdat die aartappels op  is.
Klits die eiers en mosterd saam, gooi sout en swartpeper na smaak by, en giet dit oor die aartappels.
Gebruik ’n houtlepel en druk deurentyd die omelet weg van die kant af. Laat die omelet gaar word.
Gebruik ’n eierspaan en keer die omelet uit in ’n bord met die rou kant na onder.
Gooi ’n bietjie olie in die pan en glip die omelet met die  rou kant na onder terug in die pan. Braai dit vir nog 5 minute.
Keer die omelet uit en sny dit in skywe. Sprinkel die res van die biltong oor en sit dit voor met ’n Griekse slaai.

AARTAPPEL-TERT

5 aartappels, geskil, hou hulle heel
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
250 g (1 pakkie) blokkiesspek
2 groen soetrissies, pitte verwyder en in blokkies gesny
1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) sondroëtamaties
5 eiers, liggies geklop
60 ml (¼ k) melk
knypie fyn komyn
knypie paprika
sout en gemaalde swartpeperVoorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 18 cm x 7 cm-losboomkoekpan met bakpapier uit.
1 Kook die aartappels vir sowat 15 min. in soutwater tot sag, maar nog ferm genoeg om die vorm te behou en nie te breek nie. Laat afkoel en sny in ringe, so dun moontlik.
2 Soteer die ui en spek in ’n verhitte pan tot goudbruin en bros. Voeg die soetrissie en knoffel by en soteer vir nog 3 min.
3 Pak die aartappels in die koekpan en pak in lagies met die gebraaide spekmengsel, kaas en sondroëtamaties, eindig met ’n aartappellaag.
4 Meng die eiers, melk, komyn en paprika. Geur na smaak en gooi oor die aartappel. Skud die pan liggies sodat die melkmengsel goed deursyfer.
5 Bak vir sowat ’n 1-1½ uur tot goudbruin en gaar. Druk ’n toetspen in om seker te maak dat dit deurgaar is.


AARTAPPEL KOEKIES
RASPER:
4 aartappels
1 Ui
Meng met 75ml koekmeel
Sout en Peper
Bietjie paprika
2 geklitste eiers
Bak lepelsvol in warm olie tot goudbruin


GEBRAAIDE AARTAPPEL FRIKKADELLE
3 Groot aartappels gekook en fyngedryk
2 Eiers
Halwe ui fyngekap
1 eetlepel botter of margarien
1 Blikkie Boeliebief fyngedruk
10ml Flippen Lekka Spice OF Aromat
Meelblom en broodkrummels
METODE:
Meng die aartappel, ui, een geklitste eier, botter, boeliebief en speserye saam.
Vorm plat frikkadelle. Strooi met bietjie meelblom, doop in geklitste eier en dan in krummels.
Braai in warm olie tot alkante bruin


AARTAPPEL BURGER
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 40 min.
4 groot aartappels
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde
peper
TAMATIEBLATJANG
2 uie, grof gekap
2 knoffelhuisies, gekap
45 ml (3 e) olie
50 g tamatiepasta
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
60 ml (¼ k) bruinsuiker
HOENDERSKYWE
500 g hoenderborsfilette
1 rooi-ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
10 g pietersielie
skil van 1 suurlemoen
en 5 ml (1 t) sap
2 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) vars gemaalde peper
1 eier
30 ml (2 e) olie
VIR VOORSIT
50 g slaaiblare
4 velle cheddarkaas
2 tamaties, in skywe gesny
4 agurkies, in lang repe gesny Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sny die aartappels in skywe van 2 cm dik en pak op ’n bakplaat. Smeer albei kante met die olie en geur met die sout en peper.
Oondbraai 35-40 min. of tot goudbruin en gaar.
Tamatieblatjang Braai die uie en knoffel stadig in verhitte olie tot gekaramelliseer.
Voeg die res van die bestanddele by en laat stadig prut tot effens dikker. Geur met die sout en peper.
Hoenderskywe Pols al die bestanddele saam fyn in ’n voedselverwerker en verkoel minstens 30 min. Verhit die olie in ’n kleefvrye pan, skep hopies van die mengsel in die pan en druk ’n bietjie platter. Braai tot goudbruin aan albei kante.
Pak op ’n bakplaat en oondbraai nog 5-8 min. in die oond tot gaar.
Vir voorsit Pak ’n paar slaaiblare op die helfte van die aartappelskywe, gevolg deur ’n hoenderskyf, ’n vel kaas, ’n skeppie blatjang, tamatieskywe en ’n paar skyfies agurkies; pak nog ’n aartappelskyf bo-op. Steek met ’n stokkie vas en herhaal met die res van die bestanddele.


AARTAPPEL TERRIEN
1kg aartappels
1 klein groen appel, ongeskil in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, klokhuis verwyder en in blokkies gesny
1 medium wortel, grof gerasper
1 ui gerasper
2 selderystingels, gekap
1 t kerriepoeier gemeng met ¼ k mayonnaise
45ml maaskaas
200ml Bulgaarse joghurt
Sout en peper
Garnering: Stokkiestjips
INSTRUKSIES:
Kook die helfte van die aartappels met skil en al in soutwater tot sag. Skil die ander helfte en sny in 1cm blokkies. Kook in soutwater tot net sag, nie pap nie; dreineer. Verwyder die skille van die ander en druk fyn.
Voeg die appel, soetrissie, wortel, ui en seldery by die blokkies aartappel.
Voeg die maaskaas, joghurt, mayonnaise, sout, peper en kerriepoeier by die fyn aartappel en meng goed deur.
Voeg nou die twee mengsels bymekaar en roer dit met die steel van die houtlepel tot goed gemeng.
Werk versigtig dat die blokkies aartappel nie stukkend geroer word nie.
Skep in vormbak of broodpannetjie wat met kleefplastiek uitgevoer is en plaas in yskas om te stol. Keer uit op slaaibord en versier met stokkiestjips.
Stokkiestjips:
Sny aartappel in vuurhoutjiedikte stokkies.
Skud in mengsel van meel en borrie en braai vinnig in warm olie tot effens verbruin.


AARTAPPEL BURGER
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 40 min.
4 groot aartappels
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde
peper
TAMATIEBLATJANG
2 uie, grof gekap
2 knoffelhuisies, gekap
45 ml (3 e) olie
50 g tamatiepasta
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
60 ml (¼ k) bruinsuiker
HOENDERSKYWE
500 g hoenderborsfilette
1 rooi-ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
10 g pietersielie
skil van 1 suurlemoen
en 5 ml (1 t) sap
2 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) vars gemaalde peper
1 eier
30 ml (2 e) olie
VIR VOORSIT
50 g slaaiblare
4 velle cheddarkaas
2 tamaties, in skywe gesny
4 agurkies, in lang repe gesny Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sny die aartappels in skywe van 2 cm dik en pak op ’n bakplaat. Smeer albei kante met die olie en geur met die sout en peper.
Oondbraai 35-40 min. of tot goudbruin en gaar.
Tamatieblatjang Braai die uie en knoffel stadig in verhitte olie tot gekaramelliseer.
Voeg die res van die bestanddele by en laat stadig prut tot effens dikker. Geur met die sout en peper.
Hoenderskywe Pols al die bestanddele saam fyn in ’n voedselverwerker en verkoel minstens 30 min. Verhit die olie in ’n kleefvrye pan, skep hopies van die mengsel in die pan en druk ’n bietjie platter. Braai tot goudbruin aan albei kante.
Pak op ’n bakplaat en oondbraai nog 5-8 min. in die oond tot gaar.
Vir voorsit Pak ’n paar slaaiblare op die helfte van die aartappelskywe, gevolg deur ’n hoenderskyf, ’n vel kaas, ’n skeppie blatjang, tamatieskywe en ’n paar skyfies agurkies; pak nog ’n aartappelskyf bo-op. Steek met ’n stokkie vas en herhaal met die res van die bestanddele.


RUSSIESE AARTAPPEL PANNEKOEKIES

Dit is baie lekket saam met suurroom of maaskaas, alhoewel ek dit sommer net so wegpak.

Bestanddele:

5 medium grootte aartappels
1 medium ui
1 eier
3 Eetlepels koekmeel
1-teelepel sout
Varsgemaalde peper of swartpeper fyn…na jou smaak.
(Ek gooi vir variasie in halwe teelepel fyngedrukte knoffel)

METODE

1. Was die aartappels goed. Jy kan hulle skil if soos ek met skil en al aan, rasper.

2. Kerf die uie fyn (ek rasper dit ook…met my sakdoek byderhand om die trane af te droog)

3. Gooi die fyn uie, eier, sout, peper en koekmeel by die mengsel

4. Meng goed, ek gebruik sommer ‘n vurk.
(As jou mengsel bietjie droog lyk, gooi een ekstra eier in, maar weet dat dit die tekstuur van jou pannekoek gaan beïnvloed. Jy wil hom droër hê, nie te pap nie)

5. Sit braaipan op die stoof (potyster pannetjie werk eintlik die beste, maar gewone pan werk ook as jy nou nie anders kan nie)
Gooi so bietjie Olyfolie of Klapperolie in om die bodem te bedek en maak dit warm eweredig oor die pan. Té veel olie is ook nie goed nie.

6) Matig warm hitte. Moet nou nie die stoofplaat op sy hoogste stel nie…dit moet kans kry om binne ook gaar te word

7) Skep nou ‘n eetlepelvol van die mengsel in die warm olie, vorm dit mooi rond en plat met jou lepel. Ek bak so 5 op ‘n slag.

8) Braai goudbruin aan weerskante. Dit hoef net een keer omgedraai te word.

9) Haal uit en sit warm voor.

VARIASIES
(Kan ook ingegooi word)
Gerasperde wortels

Groen fyngesnyde grasuitjies

Spinasie fyngekap


 

Loading