Andre van der Mescht

Ook meer bekend as:
Sluier de Ridder

Rodeo Man

Tuin in my hart

Lente in my hart

 

Ek is Andre Van Der Mescht, geboure 1968 in n koue spoorweg dorpie met die naam van Noupoort. Ek het op die platteland in Patensie groot geword en skool gegaan. Later het ek in elektronika beginne belang stel en het destyds tak bestuurder vir Early Bird tv dienste in Upington geword. Ek was ook mal oor die uitsaai wese en het n Paar FM programme op Radio Riverside en Standerton FM en Kriel FM aangebied. Ek het met die musiek in die jaar 2000 begin alhoewel ek alreeds vanaf my laerskool dae gedigte beginne skryf het. Ek het in 2009 my eerste groot opname ateljee in Standerton ge-open en gereeld sang talent kompetisies aangebied, siende opkomende kunstenaars met hul eerste cd opnames te kon help. So het die musiek maar gegroei en die vertonings het al hoe groter geword tot en met die Lockdown in 2020. Daar het my musiek loopbaan tot n einde gekom. Ek sing en skryf graag oor die dieper dinge in die lewe. Oor die liefde en oor waardering veral.

Beautiful Women

Gypsy Women

       

Dankie

Spore in die sand

Op die langpad

 

 

 52 total views,  2 views today