Bacon geregte

Avo , neut en Spekslaai

1 pak gemengde slaaiblare
6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe
8 repe swoerdlose streepspek
4 snye witbrood sonder korsies
1 groot, ryp avokado
125 ml pekanneute, grof gekap
125 ml Franse slaaisous

Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie.  Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in ‘n bietjie olie tot bros.  Haal uit en dreineer op
kombuis papier.  Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin.  Voeg ‘n bietjie ekstra olie by indien nodig.  Haal uit en dreineer.  Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare.  Bedek met slaaisous.  Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.


Lekker aptyt opwekker langs die braaivleis vuur

1 middelslag ui
1 kg maalvleis
30 ml fyngekapte vars pietersielie
15 ml Aromat
2 ml growwe swartpeper
250 g swoerdlose spek

*jou gunsteling marinade

So gemaak:

Rasper die ui baie grof.
Voeg maalvleis, pietersielie, Aromat en swartpeper by en meng liggies met ‘n vurk.
Vorm dit dan in langwerpige wors frikkadelle en draai ‘n repies spek om elke frikkadel.
Ryg hulle aan sosatiepenne.
Rooster in die oond tot gaar , bedruip gereeld met marinade.


BACON WRAPPED SMOKIES WITH BROWN SUGAR AND BUTTER
Ingredients
1 pound Bacon, Cut Into Thirds
1 pound Lil’ Smokies (small sausages)
1 stick Butter
2 cups Brown Sugar

 


 

Loading