Bella Lusse

Isabel Lusse (Bella)  – Biografie en Informasie

Isabel Lusse is gebore op 24 November 1970 in Rustenburg, Suid-Afrika

Ek, Isabel Lusse (Bella) het van kleinsaf maar die liefde gehad vir sing saam met my pa Theuns van der Westhuizen

Het gewoonlik maar die borsel gevat en “shows” gegooi in die sitkamer. En een aand het my vriendin my genooi vir

‘n Karaoke aand in Rosh Pinah in 2005 waar ek toe sommer gevra is om die Wildsfees saam met ‘n vriend te doen, en so het my sangloopbaan begin. Ek het toe ernstig geraak met die musiek bedryf en met ons karaoke aande het ek en Freddie Kruger ‘n cd by die huis laat opneem met paar kunstenaars wat vir ons goed geklink het en “Stemme van die Namib” is toe gebore en die fondse van die 200 cd’s is aan liefdadigheid oorhandig.

Ek, Bella, is toe genooi vir feeste waar ek dan saam groot legendes in die musiekbedryf  opgetree het soos Billy Forest, Caroline du Preez, Joey Lynn, Danie Jansen, Bobby Angel, Dennis East, Tommy Oliver  in Country Festival

Ek het ook saam met Fredi Nest opgetree waar ek sy voorskou gedoen het en ook saam met Fredi Nest en Ray Dylan saam met Shine 4. Het ook saam met Irene van Wyk , en bekende BZN  (Jan Veerman en Mari Bell) van Nederland, Dennis East by die Koperfees in Tsumeb opgetree. Het dan saam met Arno Jordaan optrede gedeel in Swakopmund. En dan ook “stage” gedeel met Jennifer Zamudio in Henties Gholfclub en ook by die Sand Fees in Walvisbaai.

Verder doen ek maar gewone optrede en feeste en troues en spesiale geleenthede soos die van Rosh Pinah se Aids dag wat vir my baie spesiaal was en een van die hoogte punt n my sang loopbaan.

Nog een hoogtepunt in my lewe is waar ek genooi was op voorshow optrede in Pretoria moes doen saam met

Sonja Heroldt en haar seun Simeon 23 Oktober 2015…”Waar daar son is”  Dit was ‘n vooreg om saam haar te kon optree.

Ek het ook feeste gedoen soos Oesterfees Walvisbaai, Grootfontein Kuierfees, Henties Visfees,  Koperfees Tsumeb,

Kokerboomfees Keetmanshoop, Sparta SPCA Fees, Walvisfees Walvisbaai, Carnival Fees Okkahandja Playboy’s Funday Rally en nog vele meer feeste om op te noem

Dan doen ek die afgelope 2 jaar 2018 & 2019 die Miss Touchies Hentiesbay op 26 Desember en ook optrede saam

Jo Nichol Namibiese Kunstenaar

Ek doen graag Charity optredes waar nodig en dan is ek ook hierdie jaar 2020 genooi vir die Outjo Wildsfees..

Ek sing graag Afrikaanse musiek soos die van Juanita du Plessis, Andriette Norman en lekker afrikaanse dans treffers, en dan is ek lief om Country musiek te sing ek yodel ook bietjie en sing ook graag lekker Engelse treffers pop dans musiek.

My moto vir wat ek doen in die lewe is dat wat ek doen op elke optrede te doen asof dit my laaste “show” sou wees en dit te geniet met my hele hart en gevoel en om more te kan onthou, want more is nie dalk nie meer daar vir my nie.

     
Bella & Fredi Nest                                    Bella & Ray Dyllan

   
Bella & Jenefer Zamudio                  Bella, Sonja Heroldt & Simeon

            

Bella, Karien Husselman &                          Bella & Koos van Zyl
Nadia Louw


Bella & haar dogter Zuandri by die Koperfees Tsumeb

Musiek van Bella: