Bredies

BIER BREDIE
Genoeg vir 4
Voorbereiding: 10 min
Totale tyd: 2uur
‘n Bredie is mos trooskos, warmmaakkos, koesterkos en kuierkos.
¼ k (60 ml) olie
1 groot ui, grof gekap
2 knoffelhuisies, gekap
80 ml koekmeel
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 kg stowebeesvleis, in 15 mm-blokkies gesny
1 k (250 ml) bier
1 k (250 ml) rooiwyn
1½ k (375 ml) beesvleisaftreksel
1 pakkie (50 g) tamatiepasta
1 e (15 ml) gekapte, vars of droë, gemengde kruie
3 wortels, in ringe gesny
3 aartappels, geskil en in kwarte gesny
vars kruie vir garnering (bv. pietersielie of tiemie)
METODE:
Verhit 2 eetlepels van die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die ui en knoffel tot sag en bruin.
Skep dit met ’n gaatjieslepel uit en hou eenkant.
Geur die meel met sout en peper en rol die vleisblokkies in die meel om dit te bedek.
Die meel kan ook in ’n plastieksak gesit word en dan kan die vleisblokkies daarin geskud word.
Braai die vleisblokkies in kleiner hoeveelhede in dieselfde kastrol as waarin die ui gebraai is tot bruin.
Voeg nog olie by soos nodig.
Nadat al die vleis gebraai is, skep dit terug in die kastrol saam met die gebraaide ui en knoffel.
Voeg die bier, rooiwyn, aftreksel, tamatiepasta en die kruie by.
Sit die deksel op, bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit 30 minute prut (liggies kook).
Voeg die wortels en aartappels by en laat nog 50 – 60 minute prut tot die vleis sag is.
Sit dit met rys of kapokaartappels voor


BEESVLEISBLOKKIES IN KOFFIE
1 ui, in ringe gesny
2 koffelhuisies fyn gedruk
Olie
1.5 Kg stowebeesvleis in blokkies gesny
Sout en swartpeper na smaak
250 ml sterk swart koffie
125 ml rooiwyn
2 ml droe orego
5 ml droe basielkruid
125 ml room
METODE:
Soteer die ui en knoffel in ‘n bietie olie tot sag. Skep uit en hou eenkant.
Geur die vleis met sout en swartpeper. Braai bietjie vir bietjie in verhitte olie tot bruin van buite.
Voeg weer die uiemengsel by asook die swart koffie en rooi wyn.
Verlaag die hitte, bedek en prut tot die vleis sag is.
Voeg die geurmiddels asook die room by en prut tot ‘n lekker dik sous gevorm het.
Geur met ekstra sout en peper indien nodig.
Dien op saam met rys of noedels, ertjies en lekker slaai.
Genoeg vir 4-6 mense.


BEES MOSTERD EN ROOIWYN STEW
500g beesvleis in vlokkies gesny
30ml koekmeel
30ml kook olie
15ml dijon mosterd
30ml wholegrain mosterd
2 knoffelhuisies fyn gekap
1 ui fyn gekap
15ml tamatie paste
10ml tiemie
1 beef stock pot
375mlrooiwyn+ 250ml water
625 water as jy nie wyn gebruik
2 groot wortels of paar baba wortels
1 selery op gesny
METODE
Meng die vleis met die meel tot goed bedek
maak olie warm en braai die ui sit die vleis
by en braai die vleis ook tot bruin,sit
die mosterd,knoffel,tamatie paste,tiemie en die
stock pot by, meng goed en kook vir 1 min, sit nou
die wyn en water by, dan die wortels maak pot toe
en laat stadig kook vir 45min of tot vleis sag is roer
gereeld geur met sout en pepper na smaak bedien met rys.


Geurige Lamsbredie Kerrie

1.5 kg loin lamstjops
125 ml kookolie
1 lourier blaar
1 kaneelstokkies
1 eetlepel asyn
2 groot uie, gekap
3 knoffeltoontjies, gekneus
1/2 teelepels vas fyn gemmer
¼ teelepel borrie
4 eetlepels sterk kerrie poeier
4 aartappels, geskil en helfte gesny
3 wortels, geskraap en apgesny
2 kop gevriesde ertjies
2 tamaties, fyngekap
1 eetlepel appelkoos konfyt
sout na smaak
2 x 750 ml kookwater

Verhit olie in kastrol, voeg uie en knoffel by, braai vir ‘n paar minute tot uie sag is.
Voeg kerrie en gemmer , kaneelstokkie , lourierblaar , asyn en laaste borrie by, roer vinnig deur
Verlaag die hitte en voeg vleis by roerbraai als lekker saam.

Gooi 750ml kookwater by, sit die deksel op.
Laat prut oor matige hitte tot water verdamp het
Voeg nou nog 750 ml kookwater by,sit aartappels en wortels en konfyt, sout na smaak

As aartappels amper gaar is en voeg tamatie en ertjies by
Bring tot kookpunt, en verlaag dan hitte. en kook stadig tot vleis en aartappels sag is

Bedien met witrys, roti’s, salsa en blatjang


Shortrib en Niertjies Bredie met Kluitjies

Bestanddele:
500 g skaapniertjies
1 kg shortrib (dikrib) , in stukke opgesny
3 uie, opgekap
1 pakkie sampioene, gehalveer
5 knoffelhuisies, gekneus en opgekap
1 el asyn
3 aartappels halveer
1 lt vleis aftreksel
500 ml bier
5 ml tiemie
3 el tamatiepuree
3 el botter
kookolie
sout na smaak
vars gemaalde swart peper

Kluitjies vir vleis
500 g bruismeel
1 tl bakpoeier
1 groot eier
mespunt sout
3 el yskoue gerasperde botter
yswater (sonder ysstukkies)
Metode:
Halveer niere en verwyder die buitenste membraan en kern, sny in kwarte
Verhit kwart koppie olie en botter in swaarboompot
Potbraai die niertjies en vleisstukkies met eetlepel asyn by, tot goudbruin
Voeg uie, knoffel, sampioene en tiemie by en braai alles lekker saam tot uie deurskynend raak
Gooi 500 ml aftreksel en 500 ml bier oor, plaas deksel op en kook stadig tot vleis sag is
Plaas aartappel stukke tussen in, voeg tamatie puree by, sout en peper na smaak, gooi 500 ml aftreksel, laat stadig kook tot aartappels amper sag is

(terwyl jy wag vir die aartappels om halfgaar te kook, berei die kluitjies voor)

Kluitjies:
Sif bruismeel, bakpoeier en sout ‘n mengbak
Vryf die botter in met jou vingerpunte totdat dit lyk soos broodkrummels
Maak ‘n holte in die middel van die meel, en breek eier in, meng liggies deur
Voeg net genoeg yskoue water by om ‘n sagte bol deeg te verkry
Nou so gemaak:
Bring jou bredie tot borrelende kookpunt op hoogste stelling van jou plaat
Druk jou eetlepel in die pot sous om hom nat te maak, vorm ronde bolletjies deeg, en plaas kluitjies bo-op vleis
Plaas deksel op, (MOENIE DAAI DEKSEL OPLIG NIE!!!) jou kluitjies gaan plat val !!, Bring tot kookpunt, (**sal sien stoom kom lekker uit by deksel), moet nogsteeds nie jou deksel oplig nie !!
Verlaag hitte na laagste stelling, en prut vir ‘n verdere 25 minute
Verwyder van plaat, laat rus vir 10 minute VOOR JY DIE DEKSEL OPLIG vir die eerste keer !!!

*bedien met soet pampoen en spinasie


Sausage bredie

Ingredients

1 kg Lamb or beef sausage cut into pieces
4 tablespoons of oil
3 onions, peeled and finely chopped
6-8 potatoes peeled and quartered
Salt and black pepper to taste
3 whole chilies
1 clove of garlic, peeled and finely chopped

Method

In a large pot, on medium to high heat , heat the oil and add the onions, brown well. Add the chilies, garlic and half a cup of water and cook the onions for 10 minutes.

Next add the sausage, salt and pepper and potatoes and cook for about 8 minutes stirring occasionally.

Next add a cup of water and cook until
potatoes are soft.


 

Loading