Giovanni Graff

Giovanni Graff
Hy is 5 jaar oud en gedianoseer met bloedkanker. is tans in die hospitaal en ontvang behandeling.

▷ Hearts: Animated Images, Gifs, Pictures & Animations - 100% FREE!               ▷ Hearts: Animated Images, Gifs, Pictures & Animations - 100% FREE!

My hulp is van die Here
Ek slaan my oe op na die berge. 
Waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here wat Hemel en aarde gemaak het.
Hy sal jou voet nie laat wankel nie
 Jou bewaarder kan nie sluimer nie 

 

As daar van ons mense is wat se harte oop is en kan help met donasies om mediese kostes te dek sal dit opreg wardeer word
Chanel Theart
Bank Windhoek
Acc no: 2000 544 036
Branch Code: 481-872
Reference: Giovanni Graaff

u Kan ook vir Chanel kontak by:
+264 81 155 6891

Gaan volg gou die facebook-blad wat geskep is vir GIOVANNI GRAAFF
https://www.facebook.com/people/Giovanni-Graaff/100087795816785/
Hy is 5-jaar oud en gediagnoseer met bloedkanker. In n hospitaal opgeneem en ondergaan behandeling.
n Weldoener en betrokkene, Chanel Theart, het namens die Graaff-familie ingegryp en n fonds gestig vir die kleinman se mediese kostes, want sy ouers is gewoon nie finansieël in staat om dit te doen. Die logieka daarvan is; Giovanni sal binnekort sterf sonder hulp…. dalk selfs al help mense.
My opinie daaroor is dat die groepbefondsing vir Giovanni beslis nie n bedelvaart is nie. Dis die bemoeienis van mense met harte van goud.
Dis n oproep vir Crowd Funding vir n duur probleem. Ouers het nie geld nie. Ek weet, want ek ken die pa en hy het al sy hart teenoor my oopgemaak. Ek weet Giovanni en sy boetie het in hulle jong lewens al swaar ervaar (onthou hulle is albei tydens Namibia se groot resessie gebore, was babatjies toe Covid gebeur het, ens, ens.
Soos so baie ander kinders, ken hulle nog net hel. Die hemel weet hulle van, omdat dit bedags tussen hulle maatjies hulle speelplek is. Hulle ouers neem hulle mos maar smiddae en saans na woonplekke waar hulle hel ervaar. Die hel van dae sonder kos gaan slaap of die hel van koue Walvisbaai-nagte. Selfs die hel van hunkering na speelgoed of lekkers, soos vir die rykmanskinders beskore is.
Nou het die noodlot nog geslaan ook en Giovanni is – vir alle doeleindes – dodelik siek. Die gevreesde K het die huis wat hulle nie het nie, binne gedring.
Dis nie die einde nie. Sy pa sal met die beste luck op aarde nie n werk kry wat hom oor die finansiële drumpel van hierdie huis van sorge waarin nie eens kan skuil, sal dra nie.
Waar kom ek in? Nêrens, behalwe miskien by die smeking dat mense hul harte vir hierdie seun en sy familie sal oopmaak deur Chanel Theart se fonds te ondersteun.
Ek voel vir hierdie charity. Ek voel vir klein Giovanni en ek voel vir sy ouers. Kyk na sy pa se video en sy ontboeseming oor sy bede voor God. Hy vra net Godsgenade. Dalk is dit n nuwe ding vir hom. Dalk bid hy nou so hard omdat sy lieflingkind so siek is. Dalk is dit n desperate smekingsgebed.
Al wat ek weet, is ek het hom al met die twee seuns gesien en met hulle gesels en geskerts. Ek het sy stories oor onvermoë gehoor en myne met hom gedeel. Ons is ewe diep daarin. Ek het ook al gevra… en vir my is gegee. My vriende, sommiges wat ek nie eens ken nie, het my al gehelp.
Help die Graaffs van Walvisbaai. Help hulle só goed dat selfs al loop klein Giovanni se verhaal nie ons wil nie, soos God beskik, dat die Graafs nooit weer is waar hulle nou is nie…. hartseer, geskok en selfs van hoop kaalfestroop. Huilende smekende bidders voir hul God in die nag wanneer hul kindjie slaap.
Mag hierdie Theartsfonds vir die Graaffs miljoene inbring wat selfs ná die Giovanni-tragedie die Graaffs op ferm grond plaas. Ek weet presies wat ek vra en bid dat dit waar word……
Kyk al die plasings op die Giovanni Graaff facebook-muur en dink daaroor. 

 

                                              

 800 total views,  2 views today