Jo-Anne Steyn

Jo-Anne Steyn 19 jaar van ouderdom en sing al vandat ek 10 was. Ek het al national en international deel geneem en op altwee vlake goed presteer.

Ek kom uit n musikale huis waar ek van kleintyd af geleer is dat musiek pitkos vir die siel is. Deur musiek kan jy jou gevoelens en emosies uitleef.

Op die ouderdom van 10 jaar , het ek die eerste keer aan Eisteddfod deelgeneem en 2 silwer medaljes verwerf.

In 2013 , op die ouderdom van 13 , neem ek aan die Grootfonteinse Kuierfees deel , en eindig tweede.
In 2018 neem ek aan die “Namibian Championships of the Performing Arts” deel. Ek het 3 goud , 1 silwer en 1 brons verwerf en word dan gekies om Namibië in 2019 in Suid-Afrika (Rustenburg) of in Los Angeles te verteenwoordig. In Maart 2019 is ek na Rustenburg waar ek 2 brons medaljes behaal het teen 9 provinsies van Suid-Afrika. Dit was nie net n kompetisie nie , maar n eer om my land te kon verteenwoordig. Ek het ook die geleentheid gehad om nuwe opkomende kunstenaars soos Armand Joubert en Dirja Lekas te ontmoet.

In Julie 2019 neem ek aan IFAA (International Fine Arts Association) deel , waar ek 3 goud verower het. Ek word ook aangewys as “overall winner” in my ouderdomsgroep , kunstenaar met die hoogste punte vir die kompetiesie en hoogste punt vir n item. Ek word uitgenooi om Namibië in 2020 in Spanje (Barcelona) te gaan verteenwoordig.

Gedurende September 2019 neem ek aan die NAPSO ATKV Kultuurfees deel. Hier verower ek 3 goud asook 2 silver vir kitaarbegeleiding van Dean White. Ek word as wenner van die graad 8-12 solo -ouderdomsgroep aangewys.

In Desember 2019 neem ek aan “Talnet Africa” deel en verwerf 3 goud en word ook aangewys as deelnemer met beste item van die dag. Ek word dan uitgenooi om Namibië in Maart in 2020 in Johannesburg , Suid-Afrika te verteenwoordig.

2019 eindig vir my op n hoë noot toe ek vir “Voice of Namibia 2020” inskryf.

Ek is bereid om op enige funksie te sing. My genres sluit in : Pop
R&B
Country
Jazz
Blues,
maar my groot liefde bly Cabaret en Broadway , omdat ek my ten volle daarin kan uitleef en my persoonlikheid die beste daarin kan weerspiëel.


My e-pos : keteltjie@gmail.com
Lourisa Steyn(Ma) : 081 794 1881

Kontak nr:
+264 81 489 1082