Oloff die Seerower Reeks

OLOFF DIE SEEROWER REEK

Gerrie Radlof is die skuilnaam van Gerrit Lubbe van Zyl (27/11/1923 – 20/9/1971) en is nog een van Suid Afrika se top skrywers wat op ’n redelike jong ouderdom in ’n motorongeluk buite Melbosstrand oorlede is. Hy is veral bekend vir sy uiters gewilde Buiter boeke (hardeband), maar het ook groot hoogtes bereik met sy alombekende Oloff die Seerower sagteband reeks verhale. Dan is daar ook sy effens minder bekende Ramala reeks, wat egter sy langste reeks boeke is en ook die Tamar reeks, wat net uit twee boeke bestaan. Onder Gerrie Radlof skryf hy ook verskeie boeke in die SA Polisie reeks en ook die Swerwer Speurder reeks.

Gerrit Lubbe van Zyl was baie lief vir sy Kaapse verhale en ook die Voortrekker era. Hy skryf meer as vyftien hardeband boeke en meer as sewentig sagteband boeke in sy loopbaan. Sy Oloff die Seerower reeks is tesame met sy Buiter reeks seker die twee bekendste reekse en is tans besig om weer ’n groot oplewing te maak, nou dat beide reekse weer deur meer as een uitgewery uitgegee word. Onder die skuilnaam Dirk Lubbe breek hy bietjie weg van die land se geskiedenis en skryf hy ’n spioenasiereeks van ses boeke in hardeband. Enige Gerrie Radlof boek word vandag verslind en is sy ou boeke uiters skaars om in die hande te kry, vanweë die kwaliteit boeke wat hy geskryf het. Danksy veral vir e-boeke wat veel makliker en goedkoper is om uit te gee, maak dit moontlik vir Gerrie Radlof se boeke om na tientalle jare weer onder die aandag te kom van lesers wat hou van sy tipe stories. Gerrie Radlof se boeke was van die eerste tot die laaste een almal puik geskryf en kan jy dus nie verkeerd gaan met enige van sy boeke nie. Hy was ’n gebore skrywer wat die uitsonderlike talent gehad het, met nie net kreatiewe denke in sy stories nie, maar hy het ook die vermoë gehad om die geskiedenis op ’n unieke en verstaanbare manier uit te beeld in sy stories.

 

Oloff die Seerower is ʼn reeks seerower verhale op sy allerbeste en is meesterlik beskryf deur Gerrie Radlof, soveel so dat die leser gou deel raak van sy stories en wonder wat volgende gaan gebeur, want allerhande verassings kom om elke hoek en draai voor. Die tema van Oloff die Seerower reeks handel kortliks oor Oloff van Wagenaar se vader wat deur ’n seerower met die naam van Ben van Osse doodgeskiet word. Kort tevore het hy vir sy seun in Holland geskryf om vir hom te kom kuier in die Kaap. Omrede Oloff van Wagenaar ook rooi hare en blou oë het en op ’n haar na soos Ben van Osse lyk, word hy van moord op sy vader verdink, want die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie aan die Kaap reken sy ma het hom opgesteek om dit te doen, omdat sy vader haar in Holland verlaat het. En net daar begin die verhaal van Oloff, om nie net sy onskuld as voortvlugtige te probeer bewys nie, maar neem hy ook ’n eed dat hy nie sal rus voor hy nie die waterweë van die Ooste bevry het van die seerowereuwel nie.

Oloff doen hom voor as een van die berugte seerowers van die Ooste, om so toegelaat te word tot die seerowers se nes in Deelenbaai en in die proses kom hy binne bereik van sy vyand se doen en late. Mettertyd skaf hy vir hom twee pragskepe aan, wat se gelyke nie bestaan nie en bevry hy slawe wat as bemanning op sy twee skepe dien. Oloff is die kaptein van die skip Die Seewraak en Henning Roux, sy direk ondergeskikte, die kaptein van sy ander skip, Die Jansje Meer. Heem Beyers en Sias Myburgh is onderskeidelik die twee kanonniers op die twee skepe. Die vier van hulle is groot vriende en saam durf hulle die berugte seerower kapteins van die Ooste aan, in die een spanningsvolle verhaal na die volgende. In een verhaal red Oloff vir Rynette du Bois uit die hande van seerowers en om sake effens te bemoeilik is daar ook nog ’n ander beeldskone nooi van die Kaap, en haar naam is Anna te Hoogen, wat beide om sy hand meeding. Die verhale speel regoor die wêreld af en is propvol aksie, avontuur, drama en spanning. Oloff die Seerower reeks deur Gerrie Radlof tesame met Maagd van die See reeks deur Meiring Fouche, kan seker beskou word as die twee beste seerower reekse wat ooit in Suid Afrika uitgegee was en sal nog vir tientalle jare vorentoe gelees, geniet en waardeer word.

Hier onder is skakels waar die volledige Oloff die Seerower reeks verhale deur Gerrie Radlof bekom kan word, in e-boek (pdf-formaat) by https://panther-ebooks.com. Die hele reeks van vier-en-twintig boeke is slegs nog geskandeerde kopies van die laaste uitgawe wat tydens die tagtiger en negentiger jare uitgegee was as sagteband boeke.

 

1.)Die Swaardvegter

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA3OQ%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

2.)Die Seewraak

Webwerf:  https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4MA%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

3.) Die Skuim van die See

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4MQ%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

4.) Kaptein Oloff

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4Mg%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

5.) Die Verraaier

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4Mw%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

6.) Drie Vreemde Kapers

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4NA%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

7.) Die Losprys

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4NQ%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

8.) Die Valk in die Kraaines

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4Ng%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

9.) Die Spioen

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4Nw%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

10.) Aasvoëls van die See

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4OA%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

11.) Die Swart Seemeeu

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA4OQ%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

12.) Die Vloot van Verwoesting

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5MA%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

13.) Die Arm uit die See

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5MQ%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

14.) Die Seerower se Buit

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5Mg%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

15.) Die Blou Robyn

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5Mw%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

16.) Die Spookskip van Biskaje

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5NA%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

17.) Die Kus van Barbarye

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5NQ%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

18.) Haaie van die Ooste

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5Ng%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

19.) Die Skedel

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5Nw%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

20.) Die Verslete Mantel

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5OA%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

21.) Skuilplek van die Rowers

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDA5OQ%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

22.) Die Geel Draak

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDEwMA%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

23.) Slaaf van die Vyand

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDEwMQ%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

24.) Kapers op die Kim

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDEwMg%3D%3D

Oloff die Seerower is ʼn reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe dat ʼn baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ʼn eed om die see van die wetteloses skoon te vee.

 

KORT UITTREKSEL UIT EEN VAN OLOFF DIE SEEROWERSTORIES

“Soos ek gesê het,” begin hy uiteindelik met nadruk op elke woord. “Eers gaan ek jou so klein laat lyk soos jy werklik is. Jy sal kruip aan my voete!” Daar is ʼn gryns op sy lippe. “Hulle sê jy is so ’n baas swaardvegter, hierdie sal die begin van jou vernedering wees. Homak!” blaf hy vir een van die Arabiere. “Hy het heel waarskynlik ’n pistool ook op hom. Sodra hy daaraan raak, skiet julle!” En met die woorde pluk Ben Suliman ’n swaard onder sy mantel uit. “Laat ons sien, Oloff. Laat ons sien waartoe jy in staat is.”

Oloff roer nie. Sy hande hang los langs sy sye. Sy blou oë verlaat nie die hande van die Arabier nie.

Die klomp toeskouers verstaan nog nie wat aangaan nie, maar hulle besef wel dat daar ’n geveg vir hulle in die vooruitsig gestel word. Hulle begin opgewonde aanmerkings te maak. Hulle steur hulle blykbaar nie daaraan dat daar ’n mate van onregverdigheid in die verrigtinge in gesluip het nie.

Maar Oloff is terdeë bewus daarvan. Tot nog toe is Aurek se motiewe vir hom duister. Hy weier om sondermeer te aanvaar dat die man hom hierheen gelok het om seerowers wat vir hom heeltemal onbekend is, te wreek. Dit stryk nie met Oloff se kennis van die seerower mentaliteit nie. Maar hy probeer die saak nie ontleed nie. Hy bepaal sy aandag hy die probleem waarvoor hy staan. Aurek daag hom tot ’n swaardgeveg maar sy makkers staan met hul pistole gereed. Wat sal dit hom baat om Suliman ’n opstopper te gee, heelwaarskynlik sal hy net sy dood daarmee op die hals haal.

“Kyk, Ben Suliman,” sê Oloff stadig, “ek het nie lus vir hierdie onsinnigheid nie. Dink daarvan wat jy wil, maar ek weier om my tyd te mors met ’n sinnelose geveg.”

Die Arabier aarsel. Dit wil vir Oloff amper voorkom asof hy skielik onseker van homself is. Maar dan toon hy sonder die minste twyfel dat sy voornemens heel positief van aard is. Hy ruk die swaard horisontaal voor hom.

“In daardie geval sterf jy soos ’n hond!”

Blitsvinnig, soos toe hy oor die tafel geleun het en na Oloff geklap het, storm hy. Die swaardpunt beur op Oloff se bors af.

Oloff roer nie. Hy staan skuins agter die stoel waarop hy gesit het. Dit is asof sy bolyf onbewus is van die beweging van sy regterbeen, maar hy haak sy voet onder die stoel in en dit skiet van die grond af op en die swaard sny deur die sitvlak daarvan. Die gewig van die meubelstuk trek die lem grond toe.

Die skare skreeu van genot. Ben Suliman bulder van woede. Hy ruk die swaard uit die stoel en Oloff besef dat die Arabier hom nie weer ’n blaaskans sal gee nie.

Hy het dit egter verwag. Sy rapier is blitsig in sy regterhand. So vinnig het hy dit te voorskyn gebring dat ’n paar van die naaste toeskouers half terugdeins asof hulle meen dat hy die wapen in sy hand gegoël het.

Lig omsluit sy vingertoppe die swaardknop. Maar so kragtig is die greep en so sterk is sy gewrig dat die eerste steek wat Ben Suliman lewer, blykbaar nog voor hy besef het dat Oloff sy swaard uitgetrek het, meer as ’n voet links van hom verbytrek. In daardie oomblik is die Arabier se bors ’n oop teiken vir Oloff.

Ben Suliman gil en dit is ’n skreeu van vrees, want die punt van Oloff se rapier sny hier voor hom verby en dit wil voorkom asof hy hom ’n doodsteek gaan toedien. Maar toe hy terugstaan met ’n verslae uitdrukking in sy swart oë, juig die skare. Die bokleed van Ben Suliman se mantel-rok is netjies oopgesny sodat sy harige borskas duidelik sigbaar is.

Oloff se oë flits na die Arabiere aan die kant van die tafel. Hy het daardie hou uit roekelose bravade gelewer, alhoewel hy besef het dat die Arabiere op hom mag lostrek omdat hulle dink dat hy Suliman gaan doodmaak. En dit wou vir hom voorkom asof daar ’n blik van bewondering in die oë van die jong slaaf gesluip het, maar so vlugtig het hy na hom gekyk dat hy nie heeltemal seker kan wees daarvan nie.

“Jou lae skurk!” hyg Ben Suliman nou. “Vanaand sterf jy!”

“Jy het dit vantevore al gesê,” werp Oloff kalm terug. “Jy praat gans te veel kêrel.”

Dit is genoeg aanmoediging en weer storm die Arabier. Van die begin af het Oloff gemerk dat die man se swaard langer as sy rapier is. Daarbenewens het die Arabier, ten spyte van sy kort, gesette gestalte, besonder lang arms. Ben Suliman meen dus blykbaar dat hy maklik deur Oloff se verdediging sal kan dring, maar met inspanninglose gemak kap Oloff sy swaard keer op keer opsy. Dit dryf die Arabier tot raserny. Hy wissel sy houe met ’n meedoënlose gereeldheid af, hy kap na Oloff se swaard en dan probeer hy met sy lang arm ’n steekhou lewer.

Oloff merk dat Ben Suliman nie onverskillig raak nie. Dikwels vantevore het Oloff al sy teenstanders blind van woede sien word, maar alhoewel die Arabier dieselfde reaksie toon, bly die blik van sy swart ogies helder en stip in Oloff se bloues.

KONTAK BESONDERHEDE:

Vir enige navraag, voorstel, opmerking of iets anders in verband met Afrikaanse boeke, stuur dan gerus vir my ’n e-mail na Pieter Haasbroek met E-mail: haasbroek.pieter@gmail.com

Webwerf waar hoofsaaklik Afrikaanse storieboeke aangekoop kan word in e-boek formaat:
https://panther-ebooks.com/

Webwerf met tonne inligting oor sagteband storieboeke asook fotoverhaal boeke:
https://www.softcoverbooks.co.za

Webwerf met hoofsaaklik Engelse boeke, e-boeke, kursusse en oudio boeke wat deur Amazon, Itunes en Udemy bestel kan word:
https://panther-ebooks.net/

My leuse is: Herinneringe van ou boeke is ’n skat om te geniet! Lekker lees!

Loading