Die Buiter Reeks

DIE BUITER REEKS deur GERRIE RADLOF

Hou u van lees? Is u lief vir stories vol aksie, avontuur, romanse, drama, spanning en vele meer? Dan is u net op die regte plek.

Die webwerf (https://panther-ebooks.com) bevat reekse soos die Sahara Avontuur reeks, Buiter reeks, Woeste Weste reeks, Swart Luiperd reeks, Oloff die Seerower reeks, Temmers van die Woestyn reeks asook klomp ander reekse en enkel e-boeke om te lees en te geniet.
Panther Eboeke is die plek waar u meer as 350 e-boeke, hoofsaaklik Afrikaanse storieboeke in pdf-formaat kan bekom, soos geskryf deur Suid Afrika se bobaas skrywers van lank gelede. Skrywers soos F.A. Venter, Braam le Roux, Gerrie Radlof en heelwat anders skrywers se boeke wat reeds in die middel twintigste eeu geskryf was, kan nou weer gelees word na meer as 70 jaar. Meeste van die e-boeke is deel van ’n uiters gewilde reeks en van die opwindende reekse beloop tot 70 boeke. Dit sal beslis nie teleurstel nie en oud en jonk sal die stories baie geniet en verseker terugkom vir nog…
Een van die reekse wat vandag nog steeds hoog in aanvraag bly, is die alombekende Buiter reeks, soos geskryf deur Gerrie Radlof. Die reeks van nege e-boeke is Kaapse verhale op sy allerbeste en is volop aksie, spanning drama en selfs heerlike romanse kom ook in die gegewe reeks voor. Hier onder volg meer inligting rondom die populêre reeks, vir die van julle wat lief is vir Kaapse verhale wat in die vroeë 1800’s afspeel, toe die ou Kasteel en perde nog ’n integrale deel gevorm het van die samelewing in die Kaap en die omliggende omgewing.

DIE BUITER REEKS
Lees gerus die opwindende verhale van ʼn man wat ’n merkwaardige dubbele lewe gelei het. Hy word die Buiter genoem. Mense sien hom as die rykste edelman aan die Kaap, die oënskynlik ledige en verveelde graaf Jean de Moreaux. Daar is ook die mooi Rossouw-susters, Jacques, Pierre, Phillip en sy getroue staatmaker, Andre. Hierdie paar getroue vriende wat sy identiteit ken en hom nooit sal verraai nie, ken hom as ʼn onverskrokke waaghals wat ’n onuitblusbare regverdigheidsin het. Die publiek sien die geheimsinnige Buiter as ’n hoflike, adellike en kleurryke nagtelike ruiter. Hy is galant en word gevrees deur skurke. Tussen die hoë adellike kringe word hy hoog geag weenssy geld en status.
In die nagtelike ure kom die Buiter uit die skaduwees. Dan het hy ’n swart gewaad en masker oor sy gesig. Op die rug van ’n swart trippelende hings is hy gewapen met ʼn swaard in sy hand, ’n vlymskerp rapier in die skede van sy saalsak en met sy twee pistole gereed in sy lyfband, is hy reg om enige gevaar aan te durf. As jy mooi kyk sal jy teen die hange van Leeuwberg ’n perd rats tussen bosse en struike deur sien vleg en soms meer as een, as die Buiter en sy bende uit is op jag. Hulle word nie gehoor nie en laat hulle ook nie keer nie. Die Buiter is sonder uitsondering op die toneel wanneer onreg gepleeg word en geen booswig ontsnap aan sy waaghalsige metodes van vergelding nie. Soos ʼn moderne Robin Hood beroof hy die oorryk, ydele hoëlui om aan die armes uit te deel of hulle bende gaan herstel onregte wat gepleeg is teenoor minderbevoorregtes.
Dit is die era waar die klap van flitsende swaarde, pistoolskote en die donderende hoewe van talle perde in die nag gereeld gehoor kan word. Waar die gemeenheid en woordelose wreedheid van skurke met hul pofmoue en fluweel kniebroeke gesien kan word. Dit is die tydperk waar die aristokrasie heers en doen net wat hulle wil, tog kom hulle uiterlik voor as galante, buigende here van die Kaap. Wie egter verdruk of veronreg word deur die aristokrasie, moet gehelp word, maak nie saak hoeveel slotte, soldate of klipmure daar in die Buiter se pad is nie. Saam met sy vriende sluip hulle gereeld diep in die nag deur donker gangetjies, uitoorlê en oorrompel saam wagte en stuur hulle selfs die ewigheid in, as die noodlot dit so beslis. Hulle nagtelike ritte is altyd vol opwindende aksie, avontuur en vele gevare en nie lank nie dan spat die vonke behoorlik. Hier onder is skakels waar die volledige Buiter reeks Kaapse verhale deur Gerrie Radlof bekom kan word, in e-boek formaat.

1.) Die Buiter

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDIxNA%3D%3D
In hierdie eerste Buiter verhaal reeks, word ’n onskuldige man helder oordag uit die hof op Stellenbosch ontvoer deur die Buiter. Die gebeurtenis vind plaas nie lank nadat die graaf Paul de Moreaux in die Kaap opdaag nie. Vir Willa Rossouw wat ook ʼn onderonsie beleef met die Buiter is dit ’n uitgemaakte saak. Die Buiter is ’n man wat geen gewete of goeie hoedanighede het nie. En tog moet sy telkens agterkom dat sy die volle waarheid nie ken nie en dat die drama wat ontplooi word, veel ingewikkelder en veel gevaarliker is as wat enige iemand besef.

2.) Lank Lewe die Buiter

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDIxNQ%3D%3D
In hierdie tweede Buiter verhaal reeks reken almal in die Kaap die Buiter is oorlede, maar skielik verskyn hy weer in sy volle glorie. Die gemaskerde ruiter op die glimmende swart hings of te wel die Buiter, soos hy by die burgers in die Kaap bekend is. Die keer kom hy te staan voor die genadelose wreedheid en die vlymskerp vernuf van ’n bobaas skurk, naamlik Percival Philip, wat al sy skelmstreke in Europa geleer het.

3.) Die Buiter en sy Bende

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDIxNg%3D%3D
In hierdie derde Buiter verhaal reeks, word die Buiter opgemerk in die donker strate van Kaapstad en die rede vir sy koms is nie moeilik om te raai nie. Dit is weens die ontevredenheid onder die burgers oor die wavragte geskenke waarmee die goewerneur die plunderende stamhoofde langs die Oosgrens wil paai. Die Buiter skaar hom aan die kant van die koloniste teen die Goewerneur. Hy dring deur tot in die aaklige donker gat in die Kasteel, om sy getroue bediende van die pynbank te gaan red, maar gaan hy betyds opdaag?

4.) Lokval vir die Buiter

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDIxNw%3D%3D
In hierdie vierde Buiter verhaal reeks, word die Buiter se vindingrykheid tot die uiterste getoets deur die geslepenheid van die gewetenlose Arnoldt te Kruyght, asook deur die behendigheid van Michael Hohenlanz, die beste swaardvegter in die ganse Europa. En boonop is daar die aanvallige prinses Carla wat as lokaas kan dien. Nog ’n asemrowende Buiter verhaal vol verrassings en drama volg.

5.) Die Buiter Ry Snags

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDIxOA%3D%3D
In hierdie vyfde Buiter verhaal reeks, is die Buiter op die spoor van ’n bende roekelose smokkelaars. ’n Onskuldige man sterf teen die hange van Tafelberg omdat hy te veel weet en ’n jong dames passasier op ’n smokkelboot word hulpeloos op die kus by Saldanha agter gelaat. Die Buiter dring die Kasteel binne en beland daar in meer as een swaardgeveg. Hy beweeg ongesiens tussen linies soldate deur en huiwer selfs nie om op sy swart hings die see in te jaag, toe hy in ‘n lokval gelei word nie. Hy stel sy man uiteindelik aan die kaak, maar word gevang en sy ware identiteit raak aan ’n paar skurke bekend. Sou sy rol nou uitgespeel wees en gaan hy met sy lewe moet boet vir wandade wat hy nooit gepleeg het nie?

6.) Die Buiter se Geheim

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDIxOQ%3D%3D
In hierdie sesde Buiter verhaal reeks, is James Surrock een van min mense aan die Kaap wat weet dat Jean de Moreaux en die Buiter een en dieselfde persoon is. Hy wil die Buiter dood hê, want hy wil graag so al sy besittings in die hande kry. Ongelukkig vir hom vergeet hy egter dat Willa Rossouw die Buiter liewer het as haar eie lewe en dat ’n mens se sondes jou altyd een of ander tyd inhaal.

7.) Boodskap vir die Buiter

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDIyMA%3D%3D
In hierdie sewende Buiter verhaal reeks gaan dit oor Bierman, die hof amptenaar wat ook in die geheim ’n skeepsplunderaar is. Daar is Van der Hooft, ’n edelman en skurk, Betta Fourie wat die eienares is van die rustige plaas Môrester en haar broertjie Dawie. Natuurlik is daar ook nog die Buiter, die gevreesde ridder van die nag op sy swart perd. Hulle almal is die hoofspelers in ’n reeks gebeurtenisse wat begin by ’n beplande skip wat moet strand en eindig in ’n muwwe tonnel onder ’n ou slawehuis. Die merkwaardige verhaal is ook vol romanse, spanning en opwinding wat jou naelvas sal hou tot jy die storie klaar gelees het.

8.) Die Buiter hou Wag

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDIyMQ%3D%3D
In hierdie agste Buiter verhaal reeks, word die graaf Dunfolk, een van die magtigste manne in Engeland, spesiaal na die Kaap gestuur om die toestand hier te kom ondersoek. Baie gou kom hy agter dat die verset van die burgers nooit gedemp sal word, solank die Buiter met sy waaghalsige dade daar is om hulle te besiel en onregte te herstel nie. Mettertyd raak hy deeglik bewus daarvan dat die Buiter nog nooit ʼn saak gewonne gegee het nie en dat hy nog altyd die mense wat hy wou red, gered het. Hy het dit dus toe sy uitsluitlike taak gemaak om hierdie situasie te verander, deur die Buiter vir eens en vir altyd te vang en onskadelik te maak. Daarvoor dink hy toe ʼn sluwe plan uit. Die graaf Dunfolk beslis dat nege burgers wat van hoogverraad aangekla is, nog dieselfde dag in die openbaar opgehang moet word. Hy weet baie goed dat die Buiter hulle sal wil red en hierdeur hoop hy om hom uit te lok, om helder oordag op te tree. Dit voorspel groot gevaar vir die geheimsinnige struikrower of te wel die Buiter, wat snags deur die donker Kaapse strate sluip en bedags die lewe van ʼn skatryk en ledige edelman lei. Die Buiter aarsel nie ʼn oomblik nie en gou is daar volop aksie en drama wat aaneenlopend plaasvind.

9.) Die Buiter Seëvier

Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/NDIyMg%3D%3D
In hierdie negende en laaste Buiter verhaal reeks, vertoef ’n invloedryke Franse Edelman aan die Kaap die Goeie Hoop, as gas van die Goewerneur. Dit is algemeen bekend dat die baron die eienaar is van een van die grootste handelsvlote op die roete om die Kaap na die Ooste. Maar wat nie bekend is nie en wat niemand selfs vermoed nie, is dat hy besig is met ’n komplot wat die lewens van honderde niksvermoedende mense bedreig. Toe ’n onskuldige jong burger kort daarna onverwags in hegtenis geneem word, verskyn die Buiter op die toneel. En toe ’n tweede burger vermoor word en ’n derde spoorloos verdwyn, begin die poppe behoorlik dans, want die gemaskerde man op die swart hings stuit vir niks en niemand en sy swaard is ’n ware verskrikking waarmee hy amok saai onder sy vyande…

KONTAK BESONDERHEDE:
Vir enige navraag, voorstel, opmerking of iets anders in verband met Afrikaanse boeke, stuur dan gerus vir my ’n e-mail na Pieter Haasbroek met

E-mail: haasbroek.pieter@gmail.com
Webwerf waar hoofsaaklik Afrikaanse storieboeke aangekoop kan word in e- boek formaat:
https://panther-ebooks.com/
Webwerf met tonne inligting oor sagteband storieboeke asook fotoverhaal boeke:
https://www.softcoverbooks.co.za
Webwerf met hoofsaaklik Engelse boeke, e-boeke, kursusse en oudio boeke wat deur Amazon bestel kan word: https://panther-ebooks.net/
My leuse is: Herinneringe van ou boeke is ’n skat om te geniet! Lekker lees!

Loading