Jan-Mattys “Hey!

Jan-Mattys sê ‘Hey!’ vir die skoner geslag. 

Die jong sanger en liedjieskrywer Jan-Mattys weet hoe dit voel as die skoner geslag speletjies met sy gevoelens speel, en daarom sing hy daaroor in sy jongste enkelsnit, Hey! 

Hey! is ‘n Afrikaanse popliedjie uit Jan-Mattys se eie pen, in samewerking met Liedjie Plaas en is gebasseer op die sanger se eie ervaring. 

“Dit gaan oor ‘n persoon by wie jy uitsien om te wees, maar sy gee nie vir jou dieselfde seine nie en speel ‘hard to get’,” verduidelik Jan-Mattys die tema van die liedjie. 

Volgens Jan-Mattys ontvang luisteraars reeds die liedjie baie goed. “Ek glo mense geniet die liedjie, want dit is pret en miskien vind hulle waarheid in die lirieke.” 

Hey! se boodskap is dat ons nie altyd die lewe so ernstig moet opneem nie en dit geniet vir wat dit is, voeg Jan-Mattys by. 

Die musiekvideo vir Hey! word deur die splinternuwe produksiehuis B2Visuals, onder leiding van Ben Badenhorst, behartig. 

Die konsep van die video skep ‘n sterk gemeenskapsgevoel en word op verskillende plekke geskiet. 

“Ek het nog nooit so ‘n video in Afrikaans gesien nie. Ons probeer met die video vir Hey! iets vars en nuut doen,” verklap Jan-Mattys. 

Hey! is sy tweede enkelsnitvrystelling en volg op “Sonsopkoms”, wat baie goed ontvang is op stromingsplatforms. Die video vir “Sonsopkoms” is ook uiters gewild op YouTube. 

Meer oor die kunstenaar: 

Jan-Mattys is reeds van 6-jarige ouderdom sy sangtalent uitleef, maar hy is eers sedert 2016 in die musiekbedryf doenig. 

Sy liefde vir musiek is deur sy ouma en oupa gekweek en hy het ook op 6-jarige ouderdom begin met musieklesse. 

Hy beskryf homself as ‘n ambisieuse sanger en sê hy probeer soveel as moontlik optree en skryf om sy unieke klank in die publieke oog te kry. 

Hy sê ook hy is ‘n oop boek en steek nie veel van homself weg nie – as jy hom op sosiale media volg, sal jy alles van hom weet, skerts hy. 

Jan-Mattys word geïnspireer deur die musikante Joshua na die Reën en Demi Lee Moore, asook Refentse, Die Heuwels Fantasties en Tarryn Lamb. 

Sy eie lewe, familie en vriende dien ook as inspirasie vir sy musiek en loopbaan. Hy sê sy musiek is daar om ‘n stem aan luisteraars se emosies te gee. 

Jan-Mattys het onlangs in die top-agt van die sangkompetisie Die Kontrak 3 geëindig. Sy musiek is ook al meer as 100 000 keer gestroom oor verskillende stromingsplatforms. 


Vind alle inligting hier onder:

Composers: Richann Brüssow, Austin Hulme, Tjaart van der Walt

Produced by: Richann Brüssow, Austin Hulme en Tjaart van der Walt

Mixed by: Tjaart van der Walt

Mastered by: Tjaart van der Walt

Written by: Jan-Mattys van Lill en Richann Brüssow

Label: Independent

ISRC code: UKXN22342850

Loading