Chantel van Dyk

E-POS:
dynamics.chantel01@gmail.com

             cvandyk111@gmail.com

Waar was jy

Chantel
BIOGRAFIE
Chantel Van Dyk is gebore in Pretoria op 15 Junie 1978 eersteling van ma Susan (Zwarts) en pa Sampie Els. Van kleins af was sy n hiperaktiewe kleuter wat haar uitgeleef het in n verbeeldingryke wereld. Menigte huiskonserte, musiekblyspele en self gemaakte opvoerings op die agterstoep was onafwendbaar dat sy op een of ander manier op die verhoog sou beland het. As kind het sy groot geword in n talentvolle musikale familie waar feitliik elke familie lid of n instrument kon bespeel of sing. Oupa het self in die ou dae n 3 man boere-orkes gehad waarvan al 7 van haar ooms en tannies ook instrumente bespeel het. Sy het soms in die pakhuis gaan wegkruip en haar oupa se besonderse antieke Harp gespeel en haar eie melodies met harmonie ontdek. Met tye het sy haar eie Radio Programme met n kasset opgeneem en die hele huis laat skater van die lag.
Soms was daar moeilike tye en het energiekvol soms met yskoue voetjies in winterstye deur die natgras skool toe gegaan. Ouma het altyd gesorg dat daar n bordjie kos op die tafel is vanaand en jyt dadelik van die koue voetjies vergeet onder die kombersie

Op Laerskool het sy vanaf die eerste intrapslag uitgeblink in alle sport soorte soos atletiek, swem, netbal/korfbal en het menigte medaljes, sertifikate en Provinsiale kleure met verskeie toekennings verwerf. Sy het ook n besondere ATKV toekenning ontvang in die 80’s vir Afrikaans en Geskiedenis.

Soms n bietjie skamerig het sy die Hoofrol van Raecheltjie de Beer gespeel op die verhoog en haar uitgeleef in Volkspele en Revue asook n passie vir Spreek-Koor. Op Hoerskool waar sy skool gegaan het aan die Hoerskool Pretoria Noord het sy weereens uitgeblink in sport en Kultuur.

Sy het menigte rekords laat klap en verskeie Victrix Ludorum Trofees ontvang. Sy was n uitmuntende Hokkie speler en het ook aan Kadette, Koor en Revue deelgeneem. Profinsiale kleure in Atletiek, Spiesgooi, Sagtebal, Korfbal, Swem, Gimnastiek, Korfbal en Landloop het haar nie gestuit nie maar het in haar Standard 9 jaar n erge knieg besering opgedoen wat die sport met hartseer gedane gemaak het.
Sy het in vele konserte deelgneem en ook die Hoofrolle van verskeie konserte ontvang o.a, Skoonlief en die Ondier as Skoonlief se (l.w) Pa.

Soms was sy in die moeilikheid wanneer sy in die Musiek klas op die klavier gespeel het en die hele klas laat skater van die lag met n JERRY-LEE-LEWIS nommer wanneer Meneer nie in die klas was nie.
Na skool het sy n Diploma in Rekeningkundige veld, Besigheids Bestuur verwerf en deeltyds Kriminologie geswot wat sy moes opgee a.g.v omstandighede. Kort daarna het sy begin werk by FNB in die voertuig finansierings afdeling en Absa Versekering en daarna n lang tydperk in die eiendoms finansierings bedryf gewerk. Deeltyds het sy in n familie Haarsalon wat tans 36 jaar bestaan in die noorde gewerk, en vloere gevee waar sy met tyd gekwalifiseer het as n Self-Opgeleide Haarkapster. Tuis is sy n Plane Jane, baie lief vir mense en n ontsaglike passie vir diere en perde. As kind het sy al wat n hond, kat, voeltjies en akkedisse opgetel en versorg en kon die gewoonte nogsteeds nie af leer nie.

MUSIKALE PASSIE
Chantel het altyd in die stort gesing en een van haar ooms haar in die diep water gegooi en aangemoedig om saam met hom te gaan sing en die musiek gogga het hard gebyt. Soms was sy vol Stage Fright wat soms nog gebeur maar haar nie laat onderkry nie. Oom was n fantastiese Hoof Kitaar Speler en Sanger en is ongelukkig oorlede.
HOOGTEPUNTE 90’s
JARPO VOICE AWARDvir die volgende twee liedjies: – TO LOVE SOMEBODY – BEE GEES – ROSE GARDEN – LYNN ANDERSON 90’S – 2000’s Gesing in verskeie Restaurante, Omliggende feeste en Country Show’s, Troue’s, Koorporatiewe funksies, TroueTuine, en Fees plekke.
Verhoog al gedeel met:
Barbara Ray, Jody Wayne, Lance James, Tommy Dell ,Clive Bruce ,Sally Vaughn, Pieter Mohr, Deon Groot en verskeie Local kunstenaars.
Eerste lied geskryf (Melodie en Lirieke) Vir haar dogter en sangeres: Geraldene Van Dyk(Bekend vir die liedjie getiteldMISKIEN deur Ernie Bates en Michael de Lange, asook Voete Weg geskryf deur Geraldene Van Dyk en verwerk deur Vincent Gordon. Titel: Boere Makietie Verwerking: Andre Hartmann 2000’s Telivisie en Media – Zenobia Loock Du Plessis ARTIST MANAGEMENT Ekstra in verskeie Afrikaanse Televisie programme soos, Lien se Lankstaan skoene. Invictus/Long Walk to Freedom/Bulls/MTN/OUTSURANCE/RUGBY en vele ander. Chantel het ook in 2024 n klein rolletjie gehad in die laaste paar Episodes van 7de Laan.
Algemeen
Chantel is ook die trotse moeder van 2 dogters ook in die Musiek bedryf genaamd Geraldene en Melody Gray (Melanny van Dyk). Melanny is tans deel van die Duo Band MOUNT GRAY BAND wat haar musikale loopbaan en drome probeer vervul in Amerika op bekende plesier bote. MelodyGray het ook toekennings ontvang by SACMAF vir haar weergawe en eerste cover opname vir die liedCOAT OF MANY COLOURS Chantel het haar eie musiek loopbaanin haar laat 20’s en 30’s menigte male op-sy geskuif vir 18 jaar om haar twee dogters deur die skoolbanke te kryen hul aangemoedig om hul eie drome te volg. Soms en nogsteeds is dit tye van harde klippe kou gesamentlik met blydskap en vreugde en baie trots. Sy het 2023weer n poging begin aanwend om weer haar droom te volg en nie lank daarna n skielike onverwagste kritieke aanslag geveg om haar lewe wat sy oorleef het deur slegs God se wonderbaarlike genade. Na n paar maande van herstel het sy weer opgestaan en weer probeer en weereens n lewensdreigende hartaanval wonderbaarlik oorleef gedurende Augustus 2025 en kort daarna nog n lewensdreigende insident en operasie oorleef. En weereens net GOD SE BO NATUURLIKE GENADE.Sy het weer opgestaan onlangs om weer haar passie te leef, al is dit soms baie moeilik. Haar eerste Oorspronklike lied is tans in proses in samewerking met Vincent Gordon en die verwagting en opgewondenheid is groot vir die eind produk.

 

AMEN!
Die Vader het vir ons elkeen n stukkie goud gegee. Of dit n Talent is, n gawe, n seening of om elke dag weer die Son te kan sien. Neem dit met lof en Dankbaarheid.

Loading