SHY! en Jan Bloukaas – Blitse Skugter

   

 

SHY! en Jan Bloukaas – Blitse Skugter 

Blitse Skugter is die titel van SHY! en Jan Bloukaas se splinternuwe samewerkingsnit, wat handel oor die tye wanneer mens regtig groei ervaar in jou karakter.  

Gewoonlik hou mense daarvan om te dink groei vind plaas in die tye wanneer ‘n mens sterk voel, maar die groei gebeur eintlik in die tye wanneer jy juis kwesbaar voel.   

Blitse Skugter is ‘n alternatiewe pop-liedjie. Die melodie is geskryf deur SHY! en Jan Bloukaas. Die musikant Faraway George het hoofsaaklik die lirieke geskryf. 

“Al wat Jesus van ons verwag is net om te probeer om daagliks te groei, fisiek en geestelik. Dit is nie noodwendig sy wil dat ons alles in orde moet hê en reg in plek te hê nie,” sê die kunstenaar. 

Hoewel hy nie kan voorspel hoe luisteraars Blitse Skugter gaan ontvang nie, hoop hy dat mense kan vereenselwig met die boodskap van die liedjie. 

“Ek sal daarvan hou om te weet iemand daar buite voel minder alleen as hulle hoor ons almal het swak tye en werk aan onsself. Dat daar tye is wanneer jy beter voel, ligter voel nadat die storm verby is en dit is ‘n menslike proses.” 

SHY! is die kantprojek van die musikant en liedjieskrywer Ruan Graaff, ook bekend as vervaardiger van Dee Graaff Productions.  

Die musikant beplan om nog musiek uit te reik en is druk besig in die ateljee.  

“Om saam met Jan Bloukaas te werk aan Blitse Skugter is een van my loopbaanhoogtepunte.” 

Meer oor die kunstenaar 

Ruan Graaff het as vierjarige begin kitaar speel en het direk na skool in die musiekbedryf as musikant sy brood en botter te begin verdien. 

As musiekvervaardiger is hy en sy vriend, Deon Dee, aan die stuur van die produksiemaatskappy, Dee Graaff Productions. 

Dié span neem verskeie kunstenaars, soos Riana Nel, Elandré en Gerhard Steyn se musiek op. Ruan tree ook as kitaarspeler op vir kunstenaars soos Jo Black, Lee Cole, Brendan Peyper, Refentse en Bouwer Bosch. 

Ruan sal nog saam met Appel, Francois van Coke en Danny Smoke wil werk. 

Outentiekheid is vir Ruan baie belangrik en sê hy luister graag na diep, emosionele musiek, sowel as hiphop en metal. 

Ruan beskryf sy eie musiekstyl ook as outentiek en anders. 

Ruan is vroeër vanjaar vir ‘n Aitsa-musiektoekenning benoem vir beste instrumentele liedjie vir “Harmony”. 

ARTIST: SHY!

LABEL: Independent (distro deur Coleske)

TITLE: Blitse Skugter

AUTHOR: Heinrich Gunter aka Faraway George & Ruan Graaff aka SHY! & Jean Du Plesis aka Jan Bloukaas

COMPOSER: Ruan Graaff & Jan Bloukaas

WHO OWNS SINGLE: Ruan Graaff

PUBLISHER: Coleske

PRODUCER: Ruan Graaff

ISRC: ZA34K2301442

Loading