Elsjé “Stroom”

     

You Tube Video

https://www.youtube.com/watch?v=1tvvN8fxX-E&t=9s

 

Elsjé se universele ervaring oor gebroke liefde in nuutste enkelsnit, Stroom 

Elsjé weet waaroor ware liefde gaan en hoe om die stukke op te tel ná ʼn gebroke liefde, en sing oor dié universele ervaring in haar jongste enkelsnit, Stroom. 

Stroom is ʼn Afrikaanse popliedjie en die jong sangeres het die liedjie saam met gesoute liedjieskrywers Hugo Ludik en Nicholas Jordaan geskryf. 

Elsjé sê sy is deur ʼn verhouding wat sleg geëindig het en glo Stroom sal hoop skep dat ware liefde bestaan vir luisteraars wat self deur ʼn moeilike tyd gaan. 

“Enige verhouding het goeie en moeilike tye maar as hulle fondasie gevestig is sal niks hulle skei nie,” sê Elsjé. 

Stroom het ʼn positiewe, hoopvolle boodskap met ʼn treffende melodie wat die voete behoorlik aan die jeuk en skoffel gaan kry. 

Die musiekvideo vir Stroom speel af op ʼn plaas naby Roodeplaatdam, waar ʼn enkellopende stadsmeisie en haar vriende ʼn safari-rit onderneem. Op dié rit vang die toergids eers nie haar oog nie, maar dan word sy flou en droom hoe die toergids al hoe aantrekliker raak hoe nader sy aan hom kom. 

Gerduan is die videograaf wat die verfilming van die video behartig. Elsjé en Chris Potgieter het die regie hanteer. Chris vertolk ook die rol van die toergids. 

Elsjé is al vir byna twee jaar aktief in die musiekbedryf doenig en het voorheen aan ʼn legio talent- en sangkompetisies deelgeneem. 

“Musiek is my passie, my ontspanning en hoe ek ontsnap van die werklikheid,” sluit sy af. 

Meer oor die kunstenaar: 

Elsjé is ʼn 21-jarige blondekop-sangeres en liedjieskrywer van Pretoria. 

Sy en haar tweelingbroer, Daniël, werk reeds sedert sewejarige ouderdom vir die familie-sakeonderneming, waar sy ook vandag die bemarker en verkoopskontroleerder is. 

Haar tweelingbroer, Daniël, is ook haar regterhand met optredes as dit kom by klank. 

Elsjé het aan die Hoërskool Montana in Pretoria gematrikuleer. Ná skool het sy ʼn kursus van drie jaar voltooi in strategiese besigheidsbestuur. 

Haar gesin is baie musikaal en beide haar ouers hou van sing. Van kindsbeen af het Elsjé altyd naweke om die kampvuur almal vermaak en dit wat naaste was – stoel of tafel was haar verhoog.  

Tydens haar laerskoolloopbaan aan die Laerskool Magalieskruin was sy lid van die skoolkoor en sodoende al vroeg besef sy wil sing! 

Met verskeie talentkompetisies en heelwat toekennings ingeoes het sy nooit opgehou om die familie te vermaak by al wat ʼn geleentheid is nie. 

Elsjé is ʼn avontuurlustige, energieke mens wat borrel met passie. Sy hou daarvan om naweke die pad met haar 4×4 quad-fiets aan te durf. 

Op eie bodem is sy gek oor Monique Steyn en sou graag saam met haar op die verhoog wou staan. 

Sy is ʼn sosiale mens en hou van gesels en sy lag lekker as sy vertel op skool was sy die een wat die onderwysers altyd moes stil maak. 

Artist Name: Elsjé

Title: Stroom

Country: South Africa

Composer(s):  HUGO LUDIK, NICHOLAS JORDAAN, ELSJÉ BONTHUYS

Producer:   RENDAN ROSS CAMPBELL, HUGO LUDIK

Mastering Engineer:  Dirk van Niekerk

Label:   Independent

Publisher:SAMRO

Genre: Afrikaans

Release Date: 3 November 2023

Song ISRC:

Audio: ZA34K2301460

Video: ZA34L2300757

 

 

 

Loading