Jenny van Zijl

If you love me let me know

i can see clarly now

Before he cheats

Gebore in Windhoek, en is verlief op my land en sy mense. Was al van kleins af versot op musiek, maar so ook my hele gesin. Toe ek nog skaars op skool was, het my Ma my gevra hoe weet ek om te dans en my antwoord was: die musiek vertel vir jou wat om te doen

Okay, kom ons begin by my sang loopbaan. Ek het eintlik nog nie ‘n loopbaan nie. Het darem al saam met Bella en Lynn gekaraoke op Moonlight een maal en saam Met Werner van Zyl op Langstrand. Was ook by Voice of Namibia se top 23 uitdun konsert. Ek was hoofsaaklik in Windhoek op skool by Suiderhof Laerskool en Windhoek Hoërskool, behalwe tweede helfte van Std 9 en matriek was ek in Ben van der Walt Hoërskool in Tzaneen. Daar klaargemaak met skool. Het nie verdere studies voltooi nie, maar het darem later voor ons plaas toe getrek het as Assistent Rekenmeester by Meatco Namibia gewerk. Was besig met graadkursus B.compt. Plaas toe getrek, maar in daardie jare het ons nog “nommer asb” telefone op die plaas gehad en net ‘n posdiens 100km weg wat een maal per week geloop het. Geen fakse, epos of so iets nie. Dus studies gestaak

Het op Laerskool al in die koor gesing en Hoërskool in verskeie operettes opgetree. Onder andere Oklahoma een van die hoofrolle.

Op die plaas is werklik geen geleenthede om te sing nie, en ons bly maar baie ver van enige dorpe af +/- 250 km. Maar na ek siek geword het, het ek ‘n beeld gesien waar ek saam met ander op ‘n verhoog sing en die Here loof. Daar het ek ernstig begin dink aan sing. Met vandag se tegnologie is dit darem moontlik om op die Karaoke Applikasies opnames te maak

Loading