MAAGD VAN DIE SEE REEKS deur MEIRING FOUCHE
Dr. Frans Alwyn Venter (27 November 1916 – 8 Julie 1997) het in swaar tye groot geword. In die tydperke wat hy geboer het, was dit hoofsaaklik gedurende die depressie jare en moes hy toe boonop ook verskeie droogtes trotseer. Hierdie swaarkry jare het hom egter die rypheid en vasbeslotenheid gegee om met sy wonderlike stories vorendag te kom, wat vandag steeds hoog in aanvraag is en sal bly. Niks was maklik in sy lewe nie en moes hy baie hard werk in sy lewe om daarvan ’n sukses te kon maak. Hy was nie iemand wat tyd gehad het vir nonsens nie. As ’n soort van alleenloper, wat nie veel ooghare gehad het vir allerhande tipe groepe nie, het hy egter groot waardering en respek gehad vir die natuur, sy taal, sy volk, sy geskiedenis en veral sy medemens. Dit was altyd vir hom ’n plesier en genot om wanneer hy iemand ontmoet het, dan eers ’n vinnige geselsie aan te knoop met die persoon, om so die persoon beter te leer ken as om geïnteresseerd te wees in wat die persoon vir hom moes of kon doen. Voorwaar ’n baie rare eienskap wat agting en respek afdwing.
F.A. Venter was ongetwyfeld ’n fenomenale skrywer, wie se gelyke moeilik gevind gaan word. Sy skrywersveld was breed gewees en elkeen van sy boeke word moeilik neergesit voor mens dit nie eers klaar gelees het nie. Onder sy eie naam het hy net ’n paar boeke geskryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Meiring Fouche, Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Geknelde land en Bedoelde land. Sy boek Man van Cirene word allerweë beskou as die gewildste en is kort na die verskyning daarvan ook in verskeie tale vertaal. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke! Hy het ook verskeie kortverhale geskryf vir tydskrifte en koerante en is sy boeke vandag nog steeds in aanvraag en uiters populêr by oud en jonk.
Wat hom so uniek gemaak het as skrywer is die feit dat hy met sy skryfstyl die uitsonderlike vermoë gehad het om met een sin of ’n paar sinne, vir mens ’n hele storie kon optower in jou kop waarmee jy kon assosieer of dit in jou geestesoog kon sien afspeel. Jy hoef net die eerste een of twee paragrawe van enige van sy boeke te lees, om dan dadelik vasgevang te word en vasgevang gehou te word in die gegewe storie, tot jy die laaste bladsy in die boek gelees het. Tesame met uitstekende beskrywings van al sy stories, met die minste woorde moontlik, maak dat die leser geweldig uitsien om sy volgende boek gelees te kry.
F.A. Venter onder die skuilnaam van Meiring Fouche het ook sy talent probeer met ʼn regte seerower reeks boeke en het toe ʼn uitstekende reeks die lig laat sien, getiteld “Maagd van die See”. Net jammer die reeks beslaan slegs nege boeke, want as mens eers die seerower stories begin lees het, wil mens net aanhou en aanhou. Soos ook in sy ander reeks boeke was Meiring Fouche in die betrokke reeks weereens op sy allerbeste en bring hy ʼn reeks uit wat enige tyd kan kers vashou by Gerrie Radlof se uiters gewilde “Oloff die Seerower” reeks van vir en twintig boeke. Aan swaard, pistool en kanon gevegte op see en land is daar geen tekort nie en hou elke verhaal jou vasgenael in die storie tot jy die laaste bladsy in die boek gelees het. Vir diegene wat dus hou van aksie en avontuur op see en land en genoeg interaksies tussenin, is die reeks net die regte verhale om te lees en geniet.
Hier onder is skakels waar die volledigeMaagd van die Seereeks verhale deur Meiring Fouche (F.A. Venter) bekom kan word, in e-boek formaat. Slegs die eerste storie is al oorgedoen, terwyl die res van die agt boeke in die reeks ook by https://panther-ebooks.com bekom kan word,in e-boek (pdf-formaat). Die oorblywende agt verhale van die Maagd van die See boeke is tans nog net geskandeerde kopies van die laaste uitgawewat tydens die tagtiger en negentiger jare uitgegee was as sagteband boeke.
1.)Die Maagd van die See
Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/Nzk3
Simon Verbeek, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Want seerowers het hom nie alleen beroof van die Kompanjie-skip waarvan hy die kaptein was nie, maar hulle het ook sy beeldskone, jong vrou weggevoer.
Simon kon geen skip kry waarmee hy sy wraak tot aan die deur van die seerowers kon bring nie. Hy en sewe van sy bemanning beland toe een dag in ’n skuit in die Kaap van Storms, langs die Suidweskus van Suid Afrika. In die woeste storm word hulle skuit omgekeer en is hulle toe aan die genade van die onstuimige see oorgelaat. Maar dan sien hulle ’n spookskip langs hulle verby vaar wat geen bemanning aan boord het nie. Simon en drie van sy manne slaag wonderbaarlik daarin om aan boord te kom van die eienaardige skip. Hulle vind nie ’n lewende siel aan boord nie en alles lyk nog in perfekte toestand, buiten die seile en toue wat al erg deur die wind verniel is.
Dan hoor hulle ’n onaardse geskreeu van êrens af in die skip, wat klink of dit uit die dode kom en gee dit hulle die skrik van hulle lewe. Hulle maak toe ’n skokkende ontdekking wat wonderlike skatte in hulle hande lê, maar om dit in die hande te kry, sal hulle eers sekere geheime moet oplos. En dan vertrek Simon en sy troue volgeling Wilhelm Rieckert op die lang, lang reis waaroor hulle al so lank gedroom het.
2.)Skat onder die Palms
Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/MTE3OQ%3D%3D
Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.
3.) Die Tier van Siam
Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/MTE3NQ%3D%3D
Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.
4.) Robyn uit die Paradys
Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/MTE3OA%3D%3D
Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.
5.) Die Mal Seerower
Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/MTE3NA%3D%3D
Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.
6.) Boodskap uit die Blou
Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/MTE3Nw%3D%3D
Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.
7.) Seerowers vel die Vonnis
Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/MTE3Mw%3D%3D
Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.
8.) Die Pêrel van Malsia
Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/MTE3Ng%3D%3D
Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.
9.) Die Geheim van die Sluiskerk
Webwerf: https://panther-ebooks.com/book-details/MTE3Mg%3D%3D
Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.
KORT UITTREKSEL UIT DIE EERSTE MAAGD VAN DIE SEESTORIE
Die onbekende skip is ’n toonbeeld van verweerde skoonheid. Sy boegspriet is skerp en hoog. Sy flanke is netjies en slank. Die hoofmas is hoog, stewig en trots, maar sy seile is ’n gebreekte verwarring. Dit fladder en flap in die hewige wind. Sy dwarsmaste is nog heel, maar dit is duidelik dat hy stuurloos is want hy bokspring soos ’n woedende perd in die water. Dan sny sy neus reguit in die rigting van die lang skuit, dan kantel hy weer dwars. Die see gryp hom vas, slinger hom sywaarts, dan weer vorentoe en dreig om hom om te keer sodat die top van die hoofmas af en toe so vat-vat aan die hoogste maanhare van die branders. Ja, dit is ’n swaan daardie, maar ’n verblinde, gewonde swaan, dink Simon Verbeeck onderwyl hy die vaartuig angsvol en met ’n vreemde beklemming dophou.
“Roei, julle leernekke,” roep hy elke keer laggend op sy bemanning wat op die rand van totale uitputting verkeer. Op die rand van daardie belangeloosheid wat die seevaarder beetpak wanneer hy besef dat die see sy graf gaan word. Die spiere bult op hul arms, maar die geweld van die see is vir hulle te veel. Daar is krampe in hul polse, in hul bene en hul skouers. Ritmies word die bolywe vooroor geslinger en dan agteroor getrek, maar dit voel asof die Nooi van Amsterdam op een plek bly stilstaan. Maar deur die woesteny van blinkende, skuimende water, vorder hulle tog stadig al hoe nader aan die groot vaartuig. “Roei, manne, roei!” skreeu Simon weer. “Dit is ons enigste redding. Die lang skuit kan ons nie meer red nie. Roei so wat julle kan.”
Met daardie wanhopige kraginspanning wanneer die dood dreig en met daardie eienaardige afsydigheid wat skerp nuuskierigheid aan jou verleen, roei die manne met nuwe ywer. Nog net ’n paar branderberge skei hulle van die slingerende vaartuig. Hulle skiet weer in ’n trog af met ’n snelheid wat hulle laat voel dat hul mae na hulle kele spring. Toe klim die Nooi van Amsterdam weer anderkant uit, maar dit is ’n gebroke brander hierdie. Die groot vyand van die seeman. Sy kruin is nie heeltemal reguit en egalig nie. Dit het ’n kinkel in die middel. Die Nooi van Amsterdam tref die kruin van die brander net mooi by die kinkel. Een deel van die brander rol in een rigting en die ander deel in ’n ander rigting. Die golf gryp die Nooi van Amsterdam asof sy ’n klein skulpie is, lig hom hoog op sy skuimende kruin en swaai hom met soveel geweld dwars, dat die hefboom van die stuur ’n wilde swaai maak en vir Wilhelm Rieckert ver oorboord slinger in die siedende see. Die Nooi van Amsterdam steek nog ’n maal sy neus moedig deur die waterval, maar toe sidder hy een maal, swaai dwars en met die geweld van ’n orkaan vat die watermassa hom en slinger hom onderstebo.
Deur die tornado van bruisende see en skreeuende wind hoor Simon Verbeeck die krete van sy manne wat in die see geslinger word. Hy self trek hoog deur die lug toe die neus van die Nooi van Amsterdam uit die water gelig word, sodat hy ook met ’n boog weggeslinger word in die kake van die see. Soos klein dobbers worstel en woel hulle daar in die water en veg met hul laaste krag om hulp en lewe. Nog een maal sien hulle die glinsterende agterstewe van die Nooi van Amsterdam en toe is dit weg. Weg soos ’n groot haai wat ’n oomblik bo die water uitgeklim het en nou wegsink na die dieptes. ’n Paar oomblikke lank trap Simon Verbeeck die water en kyk om hom heen, om te sien wat van sy manne word. Hy sien hulle deur ’n hoë brander worstel en toe begin hy swem. Blindelings en met groot krag. Die spreekwoord lui dat die seeman nooit kan swem nie, maar dit geld nie in die geval van Simon Verbeeck nie.
Hy is in die water byna net so tuis soos op die dek van ’n skip. Hy gooi sy liggaam onder die wind in en swem ritmies en gemaklik teen die golwe op. Wanneer dit nodig is, ry hy ’n brander en wanneer dit nodig is, span hy al sy kragte in om oor ’n maanhaar te kom, in die rigting van die vreemde vaartuig. Die kom nog steeds soos ’n los perd deur die water aan. Simon Verbeeck het omtrent ’n kwartier geswem toe die skip soos ’n swart monster sy neus agter ’n hoë brander uitsteek. Vir ’n oomblik verbeel die seeman hom dat die skerp voorstewe hom aan twee gaan kloof. Die vaartuig rys soos ’n berg uit die see en ’n oomblik hoor hy bo die gedruis van die see, die geloei van die wind deur die maste en deur die fladderende toue. Hy hoor die geflap en gefladder van stukkende seile en hy hoor die knarsing van hout wat aan die geweld van die water oorgelewer is. Dan hoor hy weer die bruisende geluid soos die vaartuig deur die water kom. Hy worstel effens op sy, gee die voorstewe kans om by hom verby te kom en toe slinger hy hom met al sy krag nader aan die slanke buik van die skip. ’n Oomblik staar hy angsvallig daarna, na die flank wat so hoog uit die water oprys, sonder dat hy enige hoop het om die dek te bereik.
Maar toe, met ’n vreugdekreet, sien hy die tou wat van die dek afhang en wat deur die water gesleep word. Simon gee sy sterk liggaam aan ’n brander wat hom nader slinger. Die watermassa, groot en blink soos die rug van ’n walvis, rol hom mee langs die stuurboordkant af. Hy sien die tou swart en stewig voor hom, gryp dit met sy sterk hande vas en hou so al wat hy kan. Dit voel vir hom asof die branders hom te pletter slaan teen die knarsende hout en dit voel vir hom asof al die lug uit sy longe gepers word. Asof sy liggaam op ’n duisend plekke gebreek word en hy meegesleur word in die groen dieptes, waaruit hy nooit weer kan opstyg nie.
KONTAK BESONDERHEDE:
Vir enige navraag, voorstel, opmerking of iets anders in verband met Afrikaanse boeke, stuur dan gerus vir my ’n e-mail na Pieter Haasbroek met E-mail: haasbroek.pieter@gmail.com
Webwerf waar hoofsaaklik Afrikaanse storieboeke aangekoop kan word in e-boek formaat:
https://panther-ebooks.com/
Webwerf met tonne inligting oor sagteband storieboeke asook fotoverhaal boeke:
https://www.softcoverbooks.co.za
Webwerf met hoofsaaklik Engelse boeke, e-boeke, kursusse en oudio boeke wat deur Amazon, Itunes en Udemy bestel kan word:
https://panther-ebooks.net/
My leuse is: Herinneringe van ou boeke is ’n skat om te geniet! Lekker lees!